
Die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks plaas seksualiteitsopvoeding binne ’n grondwetlike raamwerk van menswaardigheid, gelykheid, diversiteit en niediskriminasie. Vir Christen-onderwysers kan die interpretasie en toepassing van hierdie beginsels op geslag, identiteit en seksualiteit normatiewe spanning veroorsaak. Hierdie artikel ondersoek hoe geslag en seksualiteit binne geselekteerde Suid-Afrikaanse beleids- en kurrikulumdokumente gekonseptualiseer word en wat die implikasies daarvan vir Christen-onderwysers en onderwysersopleiding is. Die studie volg ’n kwalitatiewe, interpretatiewe en normatief-vergelykende dokumentanalise. Witskrif 6 en die kurrikulumassesseringsbeleidsverklarings- (KABV)-dokumente vir Lewensvaardighede en Lewensoriëntering is doelgerig gekies en tematies ontleed, waarna die bevindinge vanuit ’n Christelik-reformatoriese mensbeskouing beoordeel is. Die dokumente plaas seksualiteitsopvoeding binne ’n breër diskoers van inklusiwiteit, menseregte, verantwoordelike besluitneming en respek vir diversiteit. Hoewel hierdie beginsels nie noodwendig met ’n Christelike mensbeskouing bots nie, kan spanning ontstaan wanneer dit in die onderwyspraktyk aan individuele selfbeskikking of ’n hoofsaaklik sosiaal-konstruktivistiese verstaan van identiteit verbind word. Die artikel onderskei daarom tussen menswaardigheid en normatiewe instemming en stel pedagogiese riglyne vir kurrikulêre getrouheid, wêreldbeskoulike deursigtigheid, dialogiese onderrig en professionele verantwoordbaarheid voor. Abstract The normative tension between a Christian-Reformational anthropology and sexuality education in inclusive South African classrooms: Implications for teacher education and practice The South African education context locates sexuality education within a constitutional framework of human dignity, equality, diversity and non-discrimination. For Christian teachers, the interpretation and application of these principles to sex, identity and sexuality may create normative tension. This article examines how sex and sexuality are conceptualised in selected South African policy and curriculum documents and considers the implications for Christian teachers and teacher education. The study uses a qualitative, interpretive and normative-comparative document analysis. Education White Paper 6 and the Curriculum and Assessment Policy Statement documents for Life Skills and Life Orientation were purposively selected and thematically analysed, after which the findings were evaluated from a Christian-reformational anthropology. The documents locate sexuality education within broader discourses of inclusion, human rights, responsible decision-making and respect for diversity. Although these principles do not necessarily conflict with a Christian anthropology, tension may arise when they are interpreted in educational practice through individual self-determination or a primarily social-constructivist account of identity. Therefore, the article distinguishes human dignity from normative agreement and proposes pedagogical guidelines concerning curricular fidelity, worldview transparency, dialogical teaching and professional accountability.
Die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks plaas seksualiteitsopvoeding binne ’n grondwetlike raamwerk van menswaardigheid, gelykheid, diversiteit en niediskriminasie. Vir Christen-onderwysers kan die interpretasie en toepassing van hierdie beginsels op geslag, identiteit en seksualiteit normatiewe spanning veroorsaak. Hierdie artikel ondersoek hoe geslag en seksualiteit binne geselekteerde Suid-Afrikaanse beleids- en kurrikulumdokumente gekonseptualiseer word en wat die implikasies daarvan vir Christen-onderwysers en onderwysersopleiding is. Die studie volg ’n kwalitatiewe, interpretatiewe en normatief-vergelykende dokumentanalise. Witskrif 6 en die kurrikulumassesseringsbeleidsverklarings- (KABV)-dokumente vir Lewensvaardighede en Lewensoriëntering is doelgerig gekies en tematies ontleed, waarna die bevindinge vanuit ’n Christelik-reformatoriese mensbeskouing beoordeel is. Die dokumente plaas seksualiteitsopvoeding binne ’n breër diskoers van inklusiwiteit, menseregte, verantwoordelike besluitneming en respek vir diversiteit. Hoewel hierdie beginsels nie noodwendig met ’n Christelike mensbeskouing bots nie, kan spanning ontstaan wanneer dit in die onderwyspraktyk aan individuele selfbeskikking of ’n hoofsaaklik sosiaal-konstruktivistiese verstaan van identiteit verbind word. Die artikel onderskei daarom tussen menswaardigheid en normatiewe instemming en stel pedagogiese riglyne vir kurrikulêre getrouheid, wêreldbeskoulike deursigtigheid, dialogiese onderrig en professionele verantwoordbaarheid voor.
The present article is an attempt to come to grips, conceptually, with the strange phenomenon of “leftists losing it” in the immediate aftermath of the presidential election victory of Donald Trump in the United States at the end of 2024. This has manifested itself in the guise of numerous videos posted online, showing individuals behaving impetuously in various ways, such as crying and shouting uncontrollably and repeatedly in the face of Trump’s election win. It is proposed that these instantiate what is known in psychoanalysis as “acting out”, that is, resorting to (pseudo-) actions as a substitute for coherently speaking about the event in question. Before an interpretation of the relevant videos is provided, “acting out” is unpacked in psychoanalytical terms such as repression, the unconscious, trauma, remembering and transference, with reference to the work of Freud and Lacan. Insofar as “acting out” entails repetition, a theoretical detour is undertaken through Freud’s conception of the “death instinct” to understand its significance for the recent phenomenon of “losing it” or “melting down”. Against this backdrop, an interpretive account of the behaviour witnessed in the videos referred to is offered, and its political implications are articulated with the help of Arendt’s claim that political power consists in its continued renewal through speech and action, through which the space of appearance is constituted. Where this reciprocal relation between power and the (political) space of appearance is absent, one cannot coherently speak about the “political sphere” in the authentic sense; hence, the video-soliloquys of the individuals “acting out” may be shown as failing the test for being “political” in the Arendtian sense. In conclusion, the historical context within which this occurred is fleshed out, with the emphasis on the fact that, by all accounts, those voters who supported Trump were overwhelmingly Christian, while many of those who opposed him were “woke”, that is, dismissive of everything traditional, including Christianity, as well as what is considered “toxic (white) masculinity”. Opsomming In hierdie artikel word daar gepoog om die eienaardige verskynsel van “linkses wat kop verloor” (“leftists losing it”) konseptueel te begryp, soos dit onmiddellik ná Donald Trump se oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing aan die einde van 2024 gemanifesteer het. Dit is sigbaar in verskeie video’s wat aanlyn beskikbaar is, waarin individue hulself op ’n onbesonne wyse gedra deur byvoorbeeld herhaaldelik te huil en te skree ten aansien van Trump se verkiesingstriomf. Daar word aangevoer dat hierdie verskynsels gevalle is van wat in psigoanalise as “acting out” (“irrasionele gedrag”) bekendstaan, met ander woorde, wanneer mense hul toevlug tot pseudohandelinge neem as plaasvervanger vir ‘n samehangende gesprek oor die gebeure waarop die gedrag betrekking het. Voordat ‘n interpretasie van die betrokke video’s aangebied word, val die soeklig op “acting out” as irrasionele gedrag vanuit Freudiaanse en Lacaniaanse psigoanalitiese oogpunte, aan die hand van begrippe soos onderdrukking, die onbewuste, trauma, onthou en oordrag. Tot die mate waartoe “acting out” (“irrasionele gedrag”) herhaling insluit, word ‘n teoretiese ompad via Freud se opvatting van die doodsdrif (“death instinct”) onderneem ten einde die betekenis daarvan vir die verskynsels van “kop verloor” (“losing it”) en “ineenstorting” (“melting down”) te peil. Teen hierdie agtergrond word ‘n interpretasie van die tersaaklike gedrag in die tersaaklike videomateriaal aangebied, voordat die politieke implikasies daarvan aan die hand van Arendt se beskouing van politieke mag uitgewys word. Volgens haar bestaan mag uit die voortgesette hernuwing van spraak en handeling, waardeur die verskyningsruimte gekonstitueer word. Waar sodanige wedersydse verhouding tussen mag en die (politieke) verskyningsruimte afwesig is, kan ‘n mens nie samehangend van die “politieke sfeer” in die ware sin van die woord praat nie. Gevolglik kan daar aangetoon word dat die video-uitbarstings van individue wat hulself irrasioneel gedra nie as “polities” in die Arendtiaanse sin van die woord beskou kan word nie. Ten slotte word die historiese konteks waarin hierdie gebeure ontvou het, gerekonstrueer deur daarop te klem te lê dat die kiesers wat Trump ondersteun het, volgens beskikbare getuienis, oorweldigend Christelik was. Hierteenoor was ‘n groot aantal van dié wat teen hom gestem het, ondersteuners van “woke” ideologie. Laasgenoemde kom daarop neer dat alle tradisionele waardes verwerp word, insluitend die Christendom, asook dit wat as “toksiese (wit) manlikheid” (“toxic [white] masculinity”) bestempel word.
The secularisation of Christian higher education institutions remains a significant challenge within contemporary higher education. Drawing on the works of B.J. van der Walt, this article investigates the factors contributing to the secularisation of Christian universities from a reformational perspective. The study employs a qualitative approach based on Van der Walt’s published corpus, relevant secondary literature, and semi-structured interviews conducted with Van der Walt during 2024. The article argues that secularisation should be understood not as a single event but as a gradual, cumulative process involving philosophical compromise, worldview fragmentation, and institutional adaptation. Through thematic analysis, the study identifies 12 recurring factors contributing to secularisation, organised within three interrelated levels: foundational philosophical and theological errors, worldview and epistemological deficiencies, and institutional and structural deviations. Particular attention is given to themes such as dualism, synthesis thinking, the loss of Scriptural authority, postmodern relativism, commodification of knowledge, and the erosion of Christian institutional identity. The study concludes that Van der Walt’s reformational framework offers an important analytical and normative perspective for understanding secularisation within Christian higher education. It further argues that Christian universities can preserve their identity only where faith, scholarship, and institutional life remain intentionally integrated under the authority of God’s revelation. Opsomming Die sekularisering van Christelike hoëronderwysinstellings bly ’n beduidende uitdaging binne die hedendaagse hoëronderwyslandskap. Aan die hand van die werke van BJ van der Walt word faktore wat vanuit ’n reformatoriese perspektief tot die sekularisering van Christelike universiteite bydra in hierdie artikel ondersoek. Die studie volg ’n kwalitatiewe benadering wat gebaseer is op Van der Walt se gepubliseerde werke, relevante sekondêre literatuur en semigestruktureerde onderhoude wat gedurende 2024 met hom gevoer is. In die artikel word daar argumenteer dat sekularisering nie as ’n enkele gebeurtenis verstaan moet word nie, maar eerder as ’n geleidelike en kumulatiewe proses wat deur filosofiese kompromieë, wêreldbeskoulike verskuiwings en institusionele aanpassing gekenmerk word. Deur middel van tematiese analise identifiseer die studie 12 faktore, wat herhaaldelik voorkom, wat tot sekularisering bydra. Hierdie faktore word binne drie onderling verweefde vlakke georganiseer, naamlik fundamentele filosofiese en teologiese dwalings, wêreldbeskoulike en epistemologiese tekortkominge, asook institusionele en strukturele afwykings. Daar word besondere aandag gegee aan temas soos dualisme, sintesedenke, die verlies aan Skrifgesag, postmoderne relativisme, die kommodifisering van kennis en die verbrokkeling van Christelike institusionele identiteit. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat Van der Walt se reformatoriese raamwerk ’n belangrike analitiese en normatiewe perspektief bied vir die verstaan van sekularisering binne Christelike hoër onderwys. Verder word aangevoer dat Christelike universiteite hul identiteit slegs kan behou waar geloof, wetenskap en die praktyke van die instelling doelbewus onder die gesag van God se Woord geïntegreer bly.
Samenvatting In dit artikel wordt onderzocht hoe vier deugden – nieuwsgierigheid, bescheidenheid, dienstbaarheid en zorgvuldigheid – onderzoekers kunnen helpen om weerstand te bieden aan de verleidingen en risico’s van de moderne wetenschapspraktijk. Door toenemende concurrentie, prestatiedruk en institutionele verwachtingen komen onderzoekers onder sterke druk te staan, wat kan leiden tot twijfelachtige of zelfs frauduleuze onderzoekspraktijken. Regels en protocollen blijken hiervoor onvoldoende bescherming te bieden; werkelijke onderzoeksintegriteit vraagt om innerlijke vorming. Het artikel stelt daarom de persoon van de onderzoeker centraal: wetenschap is geen mechanisch proces, maar een menselijke praktijk waarin karakter, overtuigingen en intenties bepalend zijn voor betrouwbaarheid en geloofwaardigheid. Een christelijk-deugdethische benadering biedt volgens de auteurs een vruchtbaar kader om deze morele dimensie te begrijpen. In dit perspectief vindt wetenschap plaats coram Deo en wordt het gezien als deelname aan het verstaan van Gods schepping. De vier besproken deugden worden verbonden met de klassieke kardinale deugden van Aristoteles en vervolgens vanuit reformatorisch perspectief uitgewerkt als wetenschappelijke karaktereigenschappen. Nieuwsgierigheid richt zich op waarheidsliefde; bescheidenheid bewaart voor zelfoverschatting; dienstbaarheid oriënteert wetenschap op het gemeenschappelijke goed; en zorgvuldigheid waarborgt precisie, eerlijkheid en respect voor mens en werkelijkheid. Gezamenlijk vormen zij een morele habitus die onderzoekers helpt om verleidingen te weerstaan en wetenschap te beoefenen als een roeping: niet ter meerdere eer van zichzelf, maar tot welzijn van mens en schepping en uiteindelijk tot eer van God. Kernwoorden: bescheidenheid, christelijke deugdethiek, dienstbaarheid, nieuwsgierigheid, onderzoeksintegriteit, zorgvuldigheid Abstract The virtue-led researcher: a Christian virtue-ethical perspective on scientific integrity This article examines how four virtues – curiosity, humility, servitude, and diligence – can assist researchers in resisting the temptations and risks of modern scientific practice. Increasing competition, performance pressure and institutional expectations place researchers under significant pressure, which may lead to questionable or even fraudulent research practices. Rules and protocols provide insufficient protection; genuine research integrity requires inner moral development. The article, therefore, places the person of the researcher at the centre: science is not a mechanical process, but a human practice in which character, convictions and intentions determine reliability and credibility. A Christian virtue-ethical approach offers a fruitful framework for understanding this moral dimension. From this perspective, science takes place coram Deo and is seen as participation in understanding God’s creation. The four virtues are linked to Aristotle’s classical cardinal virtues and then elaborated from a reformational perspective as scientific character traits. Curiosity directs the researcher toward a love of truth; humility guards against overestimating one’s knowledge; servitude orients science toward the common good; and diligence ensures precision, honesty and respect for human beings and reality. Together, these virtues form a moral habitus that enables researchers to resist temptations and to practice science as a calling: not for their own glory, but for the well-being of humanity and creation, and ultimately for the glory of God. Keywords: Christian virtue ethics; curiosity; diligence; humility; research integrity; servitude Opsomming Die deugsame navorser: ’n christelik deug-etiese perspektief op wetenskaplike integriteit In hierdie artikel word ondersoek hoe vier deugde – nuuskierigheid, beskeidenheid, diensbaarheid en noukeurigheid – navorsers kan help om weerstand te bied teen die versoekings en risiko’s van die moderne wetenskapspraktyk. Deur toenemende kompetisie, druk om te presteer en institusionele verwagtinge kom navorsers onder groot druk te staan, wat kan lei tot twyfelagtige of selfs bedrieglike navorsingspraktyke. Reëls en protokolle bied onvoldoende beskerming hierteen; ware navorsingsintegriteit vereis innerlike vorming. Die artikel plaas daarom die persoon van die navorser sentraal: wetenskap is nie ’n meganiese proses nie, maar ’n menslike praktyk waarin karakter, oortuigings en bedoelings bepalend is vir betroubaarheid en geloofwaardigheid. Volgens die outeurs bied ’n christelik deug-etiese benadering ’n vrugbare raamwerk om hierdie morele dimensie te verstaan. In hierdie perspektief vind wetenskap plaas coram Deo en word dit gesien as deelname aan die verstaan van God se skepping. Die vier deugde word verbind met die klassieke kardinale deugde van Aristoteles en daarna vanuit reformatoriese perspektief uitgewerk as wetenskaplike karaktereienskappe. Nuuskierigheid is gerig op waarheidsliefde; beskeidenheid beskerm teen selfoorskatting; diensbaarheid oriënteer wetenskap op die gemeenskaplike goed; en noukeurigheid waarborg nougesetheid, eerlikheid en respek vir mens en werklikheid. Saam vorm hulle ’n morele habitus wat navorsers help om versoekings te weerstaan en wetenskap as ’n roeping te beoefen: nie tot eer van hulself nie, maar tot voordeel van mens en skepping en uiteindelik tot eer van God. Kernbegrippe: beskeidenheid; christelike deug-etiek; diensbaarheid; navorsingsintegriteit; noukeurigheid; nuuskierigheid